Vir almal wat gatvol is vir kettingbriewe!!!!!

Hallo, my naam is "Grant". En ek ly aan die skuldgevoel van om nie 50 biljoen fokken kettingbriewe wat aan my gestuur is deur mense wat skynbaar glo dat as jy hulle aanstuur, 'n arm meisie in Zoeloeland met 'n tiet op haar voorkop genoeg geld sal kan insamel om vir 'n operasie te gaan en dit te verwyder voor haar rooinek-ouers haar verkoop aan 'n fokken rondreisende sirkus.

Glo jy werklikwaar dat Bill Gates gaan vir jou,en almal vir wie jy "sy" e-pos stuur, 'n $1000 gaan stuur? Ag assefokkenblieftog, hoe onnosel is ons? "Ooh, kyk hier! As ek by hierdie bladsy inkliek en 'n wens maak, sal elke aantreklike oukie in die tydskrif my wil eet!"...Watse kak is dit, vra ek jou?

Basies is hierdie boodskap 'n groot DRUK DIT IN JOU H*O*L O*P aan al die mense daar buite wat niks beter het om met hulle fokken tyd te doen as om vir my stupid fokken e-pos te stuur nie. Miskien sal die bose kettingbrief-duiweltjies my huis binnekom en my sodomiseer in my slaap omdat ek nie die brief aangestuur het wat begin het met die Setlaars van 1820 nie. Fok hulle man!!!...Ek sal hulle opfok!

As jy iets gaan aanstuur,stuur ten minste darem iets wat ligweg amusant is. Ek het al die "stuur hierdie aan tien van jou beste pelle en hierdie arme f*cked up verskoning van 'n mens sal op 'n manier, 'n 5c of iets ontvang van een of ander alomteenwoordige moer."

Ek gee nie 'n fok om nie. Wys my jy het so bietjie intellegensie en dink aan wat jy nou eintlik bydra. Die kans is dis jou eie ongewildheid!! En die fokken punt is? As jy een of ander kettingbrief kry wat jou dreig met sewe jaar sonder seks of sonder geluk vir die res van jou lewe, 'delete' die stront, dis kak wat hulle daar praat!!! As dit snaaks is, stuur dit aan. Moenie mense afpis deur hulle skuldig te laat voel oor 'n melaatse in Botswana sonder tande wat vir 27 jaar al vasgebind is aan 'n vrek fokken olifant se poephol, en wie se enigste redding die 5c per brief is wat hy sal kry as jy die e-pos aanstuur nie.

Nou stuur hierdie aan almal wat jy ken. Andersins sal jou panty more-oggend karnivories raak en jou gogga verorber!!

December 12, 2005 in AmuseMints